{}

SwiftVEE by Swartlandskou!

September 11 2019

Category: breeding
Closest Town: Moorreesburg, South Africa
Province: Western Cape

SWARTLANDSKOU IS EEN VAN DIE GROOTSTE LANDBOUSKOUE IN WES- EN SUIDKAAP MET ‘N BESOEKERS GETAL VAN 10 000 PLUS. Vanaf 11 tot 14 September 2019 sal daar weer ‘n uitmuntende skou aangebied word op die Moorreesburg Skougronde. Met die goeie gesindheid van die gemeenskap, uitstallers, donateurs en borge is hierdie datum verseker een wat op die kalender aangeteken moet word as iets om by te woon! In hierdie 85ste bestaansjaar bars Swartlandskou behoorlik uit sy nate en kan die skou, net soos in die verlede, spog met die tentoonstelling van die mooiste perde, beeste en skape. Mededingers kom van distrikte buite die gebied en neem ywerig deel aan die bedrywighede. Optredes en vermaak wat vanjaar in die wyntuin aangebied word, het hoë prioriteit geniet en besondere aandag is gegee aan die samestelling van die program. Bekende kunstenaars in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf sal verseker dat ‘n fees-atmosfeer geskep word wat niemand mag misloop nie!

Contact Agent

Call Sms Email

Related Auctions